Waterkonyn (astrologie)

癸卯

Die Waterkonyn (癸卯, guǐmǎo) is die 40ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die 10de Hemelstam (癸, guǐ; die element Water en Jin) met die vierde Aardtak (卯, mǎo), gesimboliseer deur die Konyn (兔, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterkonynjaar het in 1963 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 25 Januarie 1963 tot 12 Februarie 1964.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search